Kishore Kumar Hits

Ray Dylan - Strandfontein текст песни

Исполнитель: Ray Dylan

альбом: Ek Wens Jy's Myne


Dit was 'n helder maanskynaand
Daar op Strandfontein se strand
Toe stap net ek en jy
En ons loop hand-aan-hand
Met ons pype opgerol
En ons tone in die koue sand
En eenkant by die kommetjie
Was daar fosforliggies wat brand.
Ek beloof aan jou die see
Met die maan en die sterre saam
Jou liefde is vir my
'N vreemde wentelbaan
Ek beloof aan jou die see
Met die maan en die sterre saam
Jou liefde bly vir my
'N vreemde wentelbaan.
Sout is die smaak op jou lippe
As jou so sagkuns soen
Die water klots teen die klippe
Wat anders kan ek doen?
Die maan het agter 'n wolk verdwyn
Maar ons liefde sal nooit kwyn
Dit sal net altyd sterker groei
Soos die see en die gety.
Dit is 'n helder maanskynaand
Hier op Strandfontein se strand
Nou loop ek hier alleen
Met my hart hier in my hand
Met my pype opgerol
En my tone in die koue sand
En eenkant by die kommetjie
Was daar fosforliggies wat brand.
Ek beloof aan jou die see
Met die maan en die sterre saam
Jou liefde is vir my
'N vreemde wentelbaan
Ek beloof aan jou die see
Met die maan en die sterre saam
Jou liefde bly vir my
'N vreemde wentelbaan.

Поcмотреть все песни артиста

Другие альбомы исполнителя

Похожие исполнители

Dozi

Исполнитель