Kishore Kumar Hits

Andriette - Neem My Op Vlerke текст песни

Исполнитель: Andriette

альбом: Diamant


Jy sien die wêreld deur kinders se oë
Hoef nie aan ander se twyfels te glo
Jy is 'n boodskap, 'n wese wat woordloos verstaan
Jy is die laggende boog wat bly swewe
Hoop wat 'n son in my polsslag bly lewe
Trappe van lug loop jy sag, jou asem 'n wolk
Stil soos die nag
Neem my op vlerke engel, ek wil soos jy
Op duisend reënboë dans net soos jy
Neem my op vlerke engel, laat my verstaan
Om deur die wêreld met jou boodskap te gaan
Vanuit die poorte van jou wolkkastele
Kom jy en waak oor die mense se treë
Gestuur met beloftes verby ruimte en tyd
Sien jy die sterre skyn oor al ons sorge
Voel jy die lus vir vandag en vir môre
Jy is 'n kneg van die lewe, van strewe en rus
Net soos jy is
Neem my op vlerke engel, ek wil soos jy
Op duisend reënboë dans net soos jy
Neem my op vlerke engel, laat my verstaan
Om deur die wêreld met jou boodskap te gaan
Is ek alleen
Dan hoef ek net te vra
En jy sal kom
Jou vreugdesboodskap dra!
Neem my op vlerke engel, ek wil soos jy
Op duisend reënboë dans net soos jy
Neem my op vlerke engel, laat my verstaan
Om deur die wêreld met jou boodskap te gaan
Om deur die wêreld met jou boodskap te gaan

Поcмотреть все песни артиста

Другие альбомы исполнителя

Похожие исполнители

Dozi

Исполнитель

Joe F

Исполнитель