Kishore Kumar Hits

Robbie Wessels - Als Wat Ek Het текст песни

Исполнитель: Robbie Wessels

альбом: Als Wat Ek Het


Als Wat Ek Het Lirieke
(Eerste Vers)
Sy het nie baie geld nie
Sy probeer nie die weer te voorspel nie
Sy sien nie altyd hoop nie
Sy ken nie die reëls van die spel nie
(Tweede Vers)
Die vreugde wat sy het
Kom nie van hier nie
Nie gebonde aan heinings
Karre geld en plesier nie
As jy haar sou vra, sou sy sê
(Koor)
Als wat ek het
Kom nie van hier nie
Is ook nie te duur nie
Kan ek nie koop met geld
Als wat ek is
Kom nie van my nie
Het ek nie voor gewerk nie
Als wat ek is, is verniet
Is verniet
(Derde Vers)
As die storms om haar woed
As die reën en die stof teen haar vaswaai
As die donderweer haar groet
En die winde haar huisie wil omwaai
(Vierde vers)
Dan weet sy haar skuiling
Lê nie tussen mure
Die blitse kan slaan
Die hael kan val maar vir ure
En as jy haar sou vra, sou sy sê
(Koor)
Als wat ek het
Kom nie van hier nie
Is ook nie te duur nie
Kan ek nie koop met geld
Als wat ek is
Kom nie van my nie
Het ek nie voor gewerk nie
Als wat ek is, is verniet
(Brug)
As die vyeboom nie bot nie
En die wingerd nie dra nie
Sal ek nog steeds bly hoop
As die beeskrale leeg staan
Die olyfboom nie bloei nie
Sal ek nog steeds bly glo
(Koor)
Als wat ek het
Kom nie van hier nie
Is ook nie te duur nie
Kan ek nie koop met geld
Als wat ek is
Kom nie van my nie
Het ek nie voor gewerk nie
Als wat ek is, is verniet
Als wat ek is, is verniet
Is verniet

Поcмотреть все песни артиста

Другие альбомы исполнителя

Похожие исполнители

Dozi

Исполнитель