Kishore Kumar Hits

Robbie Wessels - Iemand Daarbo текст песни

Исполнитель: Robbie Wessels

альбом: Iemand Daarbo


Die boer grou vir sy aartappels naby aan die grond
Die veearts sien noodsaaklikheid van lewe by 'n hond
Die myner weet hoe naby aan sy skepper hy wil leef
Want so maklik loop ietsie dalk skeef
Die digter draai die krane van haar hart se kamers oop
As sy die ou tannie gewaar wat in eensaamheid daar loop
Die doktor by die spreekkamer kan baie duidelik sien
Daar's seer kom laat ek jou bedien
Dis nie kennis wat jy kan kry in 'n boek nie
Dis nie data wat jy jare lank voor swot
Dis die reëls van die natuur opgeskrywe teen die muur
Van elke hart wat daarin glo en dit wil vat
As jy sing kan ek glo
Daar's iemand daarbo
As jy sing kan ek glo
Daar's iemand daarbo
Die woorde staan geskrywe in hoofletters teen die muur
Wie ook al dit uitlê is geseënd en opgestuur
Doop my met die water en kom doop my met die veë
Die dinge van die wêreld is te duur
Ek vra jou hoe die wêreld sommer net so stil gaan staan?
Deur al ons planne en ons drome om oorsee te gaan
Te gaan handel en te reis en dalk die wêreld te verken
Die bepaling van die tyd het ons gewen
Dis nie kennis wat jy kan kry in 'n boek nie
Dis nie data wat jy jare lank voor swot
Dis die reëls van die natuur opgeskrywe teen die muur
Van elke hart wat daarin glo en dit wil vat
As jy sing kan ek glo
Daar's iemand daarbo
As jy sing kan ek glo
Daar's iemand daarbo
Dis nie kennis wat jy kan kry in 'n boek nie
Dis nie data wat jy jare lank voor swot
Dis die reëls van die natuur opgeskrywe teen die muur
Van elke hart wat daarin glo en dit wil vat
As jy sing kan ek glo
Daar's iemand daar bo
As jy sing kan ek glo
Daar's iemand daar bo

Поcмотреть все песни артиста

Другие альбомы исполнителя

Похожие исполнители

Dozi

Исполнитель