Hang my aan my woorde, brand my met my dade tot ek stil is Afrikaners soms onplesierig, Met trots in my hart sal ek al 3 spykers vat Sluit my in by die groep wat haat, Sluit my toe vir my siel se kattekwaad Ek is nie bang vir die toekoms nie, Maar die verlede skrik my soms af N Monument wil ek wees, N standbeeld opgerig teen vrees lei my na Die waters waar daar haat is, waar jou haat is Daar wil ek met jou liefde tussen almal rus, die vure blus Daar wil ek met jou liefde jou gemoed laat rus, jou bekommer sus Ek kan nie langer meer stilbly nie, stilbly nie Dit gaan nie meer oor jou of my nie Ek gaan nie stop om te baklei nie, baklei nie Dit gaan nie meer oor jou of my nie Derdegraadse emosionele wonde, Naaste liefde is mos deesda sonde Ek is mos die een wat jou verraai, Ek is ook die een wat die ander wang draai Breek af aan die onbekende bou voort met n liefdesbende Leee om die haat te ignoreer, probeer om die verlede af te leer Ons almal leef in n kombuis taal, geleen, gevorm, verpak, bedien Ons almal het lief in n kombuis Taal, verniet, verlief, vergeef, versoen Boikot my ambisie vir my eie restitusie, Maar verwyder eers die balk vanuit jou aanlyn haat petisie Jesus sink in die water want ons trek hom af Hy verdrink in ons haat terwyk die wereld lag Darem sien ons Hom weer sondag so ons kan weed jammer se Ek staan gereed met n hammer ek hoop jy onthou die spykers Want hierdie keer doen ons dit vir al die kykers Ek kan nie langer meer stilbly nie, stilbly nie Dit gaan nie meer oor jou of my nie Ek gaan nie stop om te baklei nie, baklei nie Dit gaan nie meer oor jou of my nie