Kishore Kumar Hits

Van Pletzen - Skaduwerk (Hoe dit voel) текст песни

Исполнитель: Van Pletzen

альбом: ENTER THE GROOTNESS


Ek weet hoe dit voel as die lewe jou platslaan
En ek weet hoe dit voel om weer op te staan
Daar is geen toekoms of verlede nie
Al wat bestaan is die hede hier
Geen lande, dorpe of stede nie
Almal is 'n eiland en ons is alleen hier
So laat gaan die illusie jy is in beheer
Anders gaan die lewe jou persepsies breek
Jy kan wik en weeg en alles probeer
Net om nog 'n harde te les te leer
En ek weet hoe dit voel om liefde te verloor
Ek weet hoe dit voel om te bloei voor 'n gehoor
Al die dinge wat aan jou eet
Die verlede het jou aan jou hakskeen beet
Die een wat jy lief het begin jou vergeet
Nog 'n donker uur om jou op te vreet
En die seks en drank om die bloed te stop
Al die tools om jou mooi op te fok
Nog 'n stukkie skuld druk dit teen jou kop
Soveel klein stemmetjies wat vir jou jok
En ek weet hoe dit voel om 'n hart te breek
Ek weet hoe dit voel om alleen te wees
Ek weet hoe dit voel om amper op te gee
Ek weet hoe dit voel weer te leef
Ek weet hoe dit voel om 'n hart te breek
Ek weet hoe dit voel om alleen te wees
Ek weet hoe dit voel om amper op te gee
Ek weet hoe dit voel weer te leef
Al die dinge wat ek nooit kon se
Weet net dit is waar my liefde le
Verlang na 'n vrede wat ek nooit kan he
'N Hele ander lewe waar my wese le
En ek weet hoe dit voel om ook fokol te voel
En ek weet hoe dit voel om weer op te staan
Ek weet hoe dit voel
Ek weet hoe dit voel
Ek hou myself dop soos 'n vreemdeling
Elke liewe dag is 'n nuwe begin
Ek hoor die woorde dit sluk my in
Ek hou myself soos 'n vreemdeling dop
Bestudeer al die klein hoekies van my kop
Aanvaar wat ek vind sonder om te stop
Leer myself ken nooit nodig om te jok

Поcмотреть все песни артиста

Другие альбомы исполнителя

Похожие исполнители