EK DINK SOOS JY Ek dink soos jy en aan die aande toe ons nog Waker kon bly – dit was koud en nat in die Kaap So koud was jou voete Jy't dit op my borskas laat slaap Hoe rafel die tou waaran my hart soos ʼn klok hang My kop swaai soos ʼn waaiende hand Vir jou Om dit in joune te vat Nou sê jy dit gaan nog jare vat Jare? Hoe oud gaan ons dan wees? (Teerpad deur Albert van der Merwe) Ek sit op my eie stukkie teerpad, Nat van die wolkbreek, Glad soos die Moederstand. Iewers in die donker brand 'n Kers op 'n vensterbank. Die winternag bly donkerlank. Jou glimlagte bly kort en vlak Soos jou vriende hier, sielsvrot en brak. Ek weet nie meer nie. In twee geskeur deur die wind En ek dink nie ons moet Weer probeer nie, dis al die derde keer Maar die hemel weet dis Nog dieselfde seer. Deur die loop van 'n geweer, Onderdeur Middel deur Sneller nou Donderweer Ag fok, loop jy weer? Ons leer nie meer nie. Een. Twee. Drie. Is dit nie nou al die vierde keer nie?