In elk geval Wat ek wou sê is nie vir almal om te hoor nie Ek wil dit fluister teen die wind in Sodat dit deel word van alles Wat jy doen en is Son wat padlangs uitstroom oor hierdie teerpaaie en grashellings Wanneer ek buite loop en opkyk in hierdie rookwit lug Wil ek jou gebare herken in wolke Jou stem in sonsondergang-voels in stil strate In elk geval Wanneer hulle wonder en vra, wanneer jy twyfel in jou oë Anyway when you do that Eil ek weet van diepsinnighede en gekheid en jy weet Anyway ja in elke geval Luister, die wind kom op Daar's iets op sy tong