Vanoggend swaar opgestaan, daar was ys Op die ruite, gevurkte Maltese kruisies Toe die kat binnekom was haar baard wit ge-ys Die sneeu was weer etlike duim hoër En my motor staan oortrek soos 'n sandduin As die posman kom sal daar 'n brief wees Of miskien ook nie - van iemand baie dierbaar vir my Halfpad om die wêreld weg woon sy Op soek na betekenis skryf ek dit alles neer Al die dingetjies wat gebeur Hoor hoe bulk die beeste om hooi, om voer En die ganse strek hul vals trompette omhoog Die nuus van my land is onrusbarend My mense, arrogant, approprieer Vir hulself al hoe meer Dis beter dat ek die koerant links laat lê Vat die sneeugraaf en grawe die kar uit Dink aan die tulpbolle wat stilletjies aandik En boontoe beur Ek skryf al die dingetjies neer